As ek vir een ding kan vra.

(fotos:Google Images)wood-carving-furniture-indonesia-tool-set-up

Net een ding. Wat sal dit wees?

Wat sal my lewe 100% kan beinvloed?

Na ñ heerlike kuier saam met my jonger skoonsus vanmiddag; nadat ons baie vêr draaie gaan loop het, wonder ek vanaand hieroor.

Ek eindig by gereedskap. Dit wat nodig is om ñ taak af te handel. Hetsy dit nou die lewenstaak van ñ ouer is om sy kinders groot te maak. Of van ñ jongeling om sy loopbaan keuses te maak. ñ Lewensmaat te soek.

Bali-art-and-culture-wood-carving

Met die regte gereedskap in my hand, kan wonderwerke verrig word. Dit wat gedoen moet word, sal kan gebeur.

31c5e8802734e9071e315a64081bcf4f

Die ideale prentjie kan geskep word. Al vat dit jare. Met die regte gereedskap in my hande, sal ek dit kan doen.

20

Waar kry ek dit?

Ek kan dit nie koop nie.

Ek word nie daarmee gebore nie. En as ek eiewys is; sommer voor die tyd opgee omdat ek nie kan glo nie, gaan tyd my dit ook nie leer nie.

As ek een ding mag vra.

Is dit wysheid. Wysheid uit Vader se hand uit. Uit Sy hart uit.

ñ Langer lewe, sonder wysheid, wil ek nie hê nie. ñ Gesonder liggaam, sonder wysheid, sal my nêrens bring nie.

Dit kos my niks. En die beste van alles is, Hy wil dit vir my gee.

Ek moet net vra.

NIE vir die sensitiewe leser!

(fotos:Google Images)sanur_warung_babi_guling_sign

Suckling Pig. Hierdie keer het ek onthou om Wayan bietjie uit te vra oor Bali se geliefkooste Babi Guling. Ons het in Ubud by ñ Warung gestop, iets soos ñ kafee-restaurant, waar hulle net Suckling Pig aanbied.

Die klein varkies, sodra hulle ñ sekere gewig bereik, word vir twee ure, vroeg oggend, oor die kole gaargemaak. By iemand se huis.

3431140349_53cb461348_z

Van agt uur tot so twee uur, kan jy dan diè vars varkies eet. Hulle moet nog aan die speen suip. Hoekom Wayan? Want dan is hulle nog ‘skoon’ van binne.

Geen vleis word vir die volgende dag gebêre nie. Vars, elke oggend.

Dit is heerlik sappig. Sag. Jy kry jou gebruiklike bak rys saam, met ñ bakkie piesangblaar sop.

p038fbwg

Suckling Pig. Skoon. Met nog geen ‘gemors’ in die binnekant nie…Dankie ons Vader, dat ons in ons onvolmaaktheid ook ons doel op aarde kan uitleef. Al is ons stukkend en gebroke. U maak ons rein, selfs al is ons hoé oud. Dit is nooit ooit te laat nie.

xxx

 

 

Die heerlikste lekkerte…

wp-1490276204269.jpg

…is as ouma presies kan opspoor wat kleinste lief dogtertjie vir ouma vra.

ñ Whatsapp foto van die huis af, met ñ prentjie van ñ Cindelella rokkie. Ma, kyk of mamma so iets kan opspoor. Gaby se maatjie het dit van familie in Amerika af gekry, en sy droom nou ook oor een.

Goeiste, in Bali, my kind. Ek sal soek, hard ook. Maar Bali? ñ Piepklein eiland in die middel van nêrens?

En ouma het gesoek. Straat op en straat af. Daar is nie kaarte van die winkeltjies nie, so wat waar is, vind jy op jou twee voete. Vra help glad en geheel en al nie. Daar kom ñ wasigheid in die oë as jy vir iets vra wat nie in hulle spesifieke winkeltjie is nie.

So straat op en straat af is dit toe.

Om ñ hoek, en sowaar. Disney karakter hémel reik uit na my moeë lyf.

20170320_125252_resized

20170320_125238_resized

Ek raak self ook ñ bietjie verlore daar binne. Wat sou ek darem nie als met sulke rokkies as ñ dogtertjie gespeel het nie. Ure en ure lank. Nee, beslis dae lank. Selfs nou nog…die figuur sal net nie mooi saamwerk nie.

Lisa sê Gaby het gister haar rokkie aangetrek en later in hom aan die slaap geraak. Die verbeeldings vlugte van ñ drie en ñ half jarige het glo vlerke gekry.

En ouma.

Ouma se hart het dit ook nodig gehad.

wp-1490273846134.jpg

 

ñ Geheime begeerte.

(fotos:Google Images)1280x720-IrT

Ek sou wou sing. Ek sou ñ kitaar kon optel en begin speel. ñ Liedjie neurie en die musiek-note daaraan koppel. Ja, as ek maar kon, sou ek wou sing.

72544e5c623f5b3652654a66b67a7c51

Om iewers rond te stap, en dan note by jou gevoel te kan plaas. Dit moet bevrydend wees. “Intoxicating”. Om nie om te gee of iemand luister nie. Om in daardie ‘plek’ te land waar wat jy wil sê, in musiek weergegee word.

Ons het gisteraand tot twaalf uur by ñ Irish Pub gesit en na ñ Rock band luister. Nie heeltemal my smaak nie, maar met ñ man wat van Scorpion hou, eintlik enige musiek waardeer, sê jy ja vir sulke aande.

IMG_0065

Dit was heerlik. Ons twee se ore het wel op ñ stadium begin pyn, so vanoggend doen ons die vingertaal ding…Nee, ek jok. Dit was ñ ondervinding en ñ half. En ek het weer besef dat ek jaloers is op die uitleef van so ñ passie. Om jouself in musiek te verloor.

En ja, hulle lyk dalk rof. Hul t-hemde se prentjies laat jou wonder. Maar as die eerste note lostrek, kan ek maar net sag in myself sê.

Sjoe Here. Soveel talent in een lyf, in een stem?

Wow.

Lig.

(skildery:Google Images)ce86ae6902661d7fa973aa0e4e5fc412

Wanneer is lig tè lig. Of te donker.

Ek en Bertus het vandag, onder andere, vir ons sitkamer ñ lig gaan soek. Ek wil kleur, Bert wil lig.

IMG_9731

Laatmiddag land ons weer langs die strand by ñ eetplek, en ek merk nog ñ lig op. ñ Helder een.

Natuurlik ook meer helder omdat dit skemer raak.

Die mensdom stap verby, elkeen besig met sy eie lewe. Maar soos die son begin sak, beweeg almal nader aan die verligte eetplekke.

IMG_9402

Die lewe gaan steeds aan. Dit woel en lag om ons op die strand.Die bootjies begin inkom, die musiek begin speel.

En die ‘lig’ raak weg.

IMG_9242

Ek hou van die donker. Was nooit ñ bang kind nie. Donker kan rustig wees. Bekend wees. Selfs ‘cozy’ wees.

As die lig dan aangeskakel word, en jy verkies kleur bo helder, is dit soms nie lekker nie. Moet jy ‘binne-toe’ kyk om te sien. Om uit te vind hoekom die lig tè lig voel.

Moet jy luister na jou hart en dan ñ besluit neem. Skakel jy die lig wat te lig is net af.

Of soek jy na ñ antwoord.

 

 

Eendag lank lank gelede. Baie, baie lank…

IMG_9475

Het ons ooit só gelyk?

Twee dae na mekaar het my man my laat stap. Regtig laat stap. Vir ure aaneen. As ek nou sit en kyk wat hy alles afgeneem het, het hy dalk gehoop ons kan terug stap tot in die vérre verlede? Soos die liedjie sê, toe ons jonk was…

Op een stadium was ons deel van ñ huweliks seremonie. Terwyl ons so geloop en menings uitgeruil het oor die verskil in kulture, was hulle daar. Prentjie mooi en dolverlief. In hul eie wêreld.

IMG_9303

Stap het sy voordele. Behalwe dat jy die oggend se heerlike ontbyt bietjie verbrand, stap jy tussen mense se lewens rond. Tussen. Nie binne-in.

Jy dink jou eie stories oor hulle. Reg of verkeerd. Maar dis jóú stories. Jy trek hulle tot binne jou verwysings raamwerk, en dan stap jy weer aan.

Ek wonder oor Jesus. Met Sy sandale aan Sy voete het Hy gestap. Direk na mense toe. Binne-in hul lewens, hul siele in. En dan, as Hy aanbeweeg, het hulle gevolg. Want Sy weet oor hul wese, was diè van volmaakte kennis. Die lig in Sy oë het regdeur die skanse gesien.

Sý verwysings raamwerk was een van volmaaktheid.

simon-dewey-living-water

So ja, ons het twee dae lank gestap. Ons het oor mense gesels. Ons het mekaar geterg en gelag en hande vasgehou.

Maar tussen dit alles deur, weet ons. Ons stap is nie alleen nie.

 

 

 

So ñ groot voorreg.

 

IMG_9208

Ek sal dit nooit net as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit bly ñ geskenk van God af. Sal altyd wees. So op my knieë sal ek weer en weer gaan. Nie net in die goeie tye nie, maar ook in my dale van doodskaduwee.

Ek het nou-nou hier aangekom. ñ Piepklein baai met deurskynende water en restaurantjies oral op die strand.

IMG_9209

ñ Vissersdorpie, en elke eetplek glo hy bied die beste vis. Eiland musiek speel reeds buite, en hier en daar sit mense om ñ tafeltjie, hul tone lekker in die nat sand ingewriemel.

Bertus land oor ñ paar ure, en intussen het ek gou ons stempel op ons plekkie afgedruk. Eintlik ñ villa, maar nie die ‘grênd’ soort nie, hoor. Gebou op drie vlakke, met ons eie tuin en buite badkamer.

IMG_9212

Hulle noem dit ñ pondok.

IMG_9210

Ons gaan vyf nagte hier bly, en dan die lang vliegrit terug Suid-Afrika toe aanpak. Maar tot dan, salige, lui, warm seewater-dae. Steeds met ñ hart wat oorloop van dankbaarheid.

Ook een wat na die kleinmensies verlang; na warm kinderlyfies en ouma-drukkies.

Al is jy waar in die wêreld, selfs op ñ afgeleë eiland ure en ure die see in. Jou hart bly dink aan jou lief-mense. En jy doen wat jy kan om hulle veiligheid en vrede te verseker.

Jy kry ñ stilword hoekie. En jy praat met jou God.

 

 

 

 

Om dankie te sê.

(fotos:Google Images)551f298f4227817a51a5961ed6cbf613

Hierdie lyk dalk nie soos dankie sê nie… Dit is.

As jy alleen oorsee is, en die finansies is in ñ toestand, en jy verlang, en jou gesondheid neuk, en jy verlang. O, ek het dit al gesê.

En dan klim jou manlief op ñ vliegtuig en kom help. Dit is dán dat jy jou kop vashou en dankie sê.

Dankie dat jy nie alleen in die ding is nie. Dankie dat jou man jou uitroep hoor.

En bowenal. Dankie dat jou God jou raakvoel.

Ek het gedink dat ek en Bertus vir ñ week lank net ontbyt gaan kan eet. Want dit is ingesluit in die verblyf.

En in die see swem. Want dit is verniet.

Op die strand lê. Tot ons weer ontbyt kan eet.

Want sien, aankope geld is ñ ingewikkelde komponent. Jy moet kontant betaal, terug vlieg Suid Afrika toe, en twee maande later is dit in die winkel. So. Jou gelde is in ‘transit’.

Nou. Jy sien te veel items raak, en als voel noodsaaklik. 

Gevolg. Geld is op. Maar…

Iewers in hierdie oefening, eintlik die hele tyd, weet jy. Jy en jou finansies is totaal van God afhanklik. Soos maar nog altyd.

Jy sit nou wel met maagsere, jou gestel is opgedons omdat jou lyf nie saam met jou geloof werk nie. 5cb38487494ddebcb5be2b41b1bfa47e

En al is jy ouer, al is jy onvolmaak. Al is jy feilbaar en kwesbaar, en ‘worry’ jy en probeer jy dinge self regmaak.

Vir Hom, bly jy Sy kind. Hy sal ñ pad oopmaak. Al voel dit soms te laat. Maar soos met Lazarus. Hy sal opdaag.

Nadat ons by die diepkant ingespring het. Bertus sy kaartjie gekoop het. Ek myself voorberei het op ñ dieët-volle week saam met my man.

Nadat.

Bestel ñ kliënt iets, iets groot. En betaal onmiddelik die geld in.

0067mld-houses-on-stilts

So ja.

Al is ons almal se huise nie op sterk fondamente gebou van die begin af nie.

Hy bly Hy.

Alomteenwoordig. Alwetend.

En altyd net ñ asemteug ver.

Weer terug in Bali.

Gister teruggevlieg van Java af, wat ñ volle dag in ñ huurmotor, op lughawens en in die vliegtuig behels. Net so voor twaalf die aand in my kamer ingestap.

IMG_9163

So vanoggend het die uitsig my verras.

IMG_9194

My bure het vroeg van hulle laat hoor, ongeduldig om met hul dagtaak te begin. (Bali se werkers eende).

IMG_9200

Die kamer teen vierhonderd rand per nag, is ñ aangename verrassing. Hier klink ek nou soos die een of ander agent, maar ontbyt ingesluit, vir twee persone? Nie sleg nie.

IMG_9195

Die gangetjie wat ek in die middel van die nag moes afstap, was wel bietjie ongewoon…Let wel, ek bly aan die onderpunt.

IMG_9165

Vanoggend my naaste restaurantjie ontdek. Asook die spa. Vir diegene met goeie oë, ja, die naam is Fish Spa.

Hierdie ‘gene’ sal maar verby hou.

Ek het vroeër geskryf oor die Bali manne se obsessie met hoenders? Maar nou praat ons van skou hane, hoor. Hulle is ook die middelpunt van menigte gesprekke.

Word bedags in hierdie hokke aangehou; word ge- “groom” en gepamperlang.

IMG_9187

Môre oggend begin die Bali aankope in alle erns. Vandag is daar ‘gechill’.

Dieper?

It is well, it is well, with my soul.

7e652d32e25a4f2eefd1a0dd1a8f21c0

 

 

 

 

Waar om te soek. En waarna.

IMG_9103

Die perfekte deure. Die regte hoogte. Die droogste hout. Die beste kerwers.

Ons het vandag vroeg in die pad geval. Soort van ñ “road trip” gewees. Want iewers in die boendoes, dit is waar die ouens bly.

Die ouens. Manne wat rustig sit en kerf. Gefokus. Klaarblyklik tevrede.

IMG_9102

Waaroor gesels hulle so, Sulis, wil ek weet. “Ag you know Una. Life. Women.”

In ñ podokkie, letterlik in die oerwoud. Die pad soontoe sal ons in Suid-Afrika nét met ñ ordentlike 4×4 voertuig aandurf. Maar ons… het met ñ wit kar gery, ñ platte.(Ja ja. Ek weet.)

IMG_9097

Ons eindbestemming, in die middel van die middel. Toe begin die onderhandelinge. Ek verduidelik eerste vir Sulis wat my prentjie van ñ deur is. Sy praat met haar man Tofic. Hy dra die inligting oor aan “the owner”. Elke keer in ñ ander taal. Maar al hierdie gebeur eers nadat ons vir ñ uur moes wag dat “the owner” van “taking a pray” af terugkom, en toe weer “lunch”.

IMG_9111

Die tyd op my fotos is SA tyd, let wel. Hier is dit vyf ure later.

IMG_9099

Die gedagtes wat als so deur jou kop beweeg as jy ñ week laas Afrikaans gehoor het, en geen Westerlinge sien nie! Dis verstommend hoe vinnig mens terug beweeg na die basiese ‘dinke’ toe. Jy sien die opset is bitter deurmekaar, dié kleinman word letterlik bo-op half gekerfde meubels groot. Tog. Hy is silwerskoon. Die wasgoed aan die draad ruik vars. Die kat gaap doodluiters en strek haarself op ñ afgeleefde stoel uit. Selfs die hoender skrop met ñ houding.

IMG_9114

Jy kan nie ñ vergelyking tref nie, want daar is nie regtig ñ punt daarin nie. Almal leef, probeer werk, en maak kinders groot. Puntstop.

IMG_9106

My hart word week toe ek hierdie foto neem. Sulis, weer swanger met kind nommer drie. Hannah wat agt is en kort-kort my hand kom soek. En Tofic wat as baie “cool” beskou word, en tog sy vrou en kinders so koester.

Soos my opskrif sê.

Waar om te soek en waarna.  

 

 

Net soms.

IMG_9065

Net soms wonder ek. Oor engele. En is daar ñ fyn uitgewerkte GPS in die hemel?

Ek loop haar en haar mamma gister oppad lughawe toe raak. Seker so 28 jaar oud, in ñ rolstoel. Spoeg wat uit haar mond dribbel, maar die oë skitter van opgewondenheid. Sy is geestelik gestremd, en kry aanhoudend epilepsie. Haar naam is Christa, en hulle woon in Australië. Sy brabbel onophoudelik, en ma vertaal. Hulle is in Bali vir ñ ‘osoon behandeling’ wat help met die epileptiese aanvalle. Hul land gee glo geen aandag aan geestelik gestremdes nie, net aan fisiese gestremdheid.

Vlieg elke vier maande in. Dit begin die medikasie te vervang, en werk.

Sy is pragtig. En haar mamma lyk moeg.

Vanoggend sit ek in Java, eet ontbyt in die hotel se restaurant. Die volgende oomblik is hy langs my. So twaalf jaar oud. En gesels “non-stop”. Ek loer verward rond, en gewaar sy ma. Sy skep hul kos in, maar sy hou hom heeltyd dop. Die taal, besef ek, is nie Indonesies nie. Sy hande beduie, sy oë skitter, en die woorde borrel uit.

Hulle is van Mauritius, vertel sy later. Kom by familie kuier. En kort-kort vee sy die spoeg van sy mond af.

aviva-furni-6 Goed. So wat is my punt hier.

Wat is volmaaktheid, en wat nie. Wie besluit.

Ek dwaal tussen die mooiste stukke meubels rond, gevorm deur mense hande. Iemand het ñ droom gehad, dit op papier geteken, en toe gemaak. ñ Pragstuk. Baie werd.

Net so het IEMAND oor die ‘engel kinders’ gedroom, hulle gevorm, hulle geskep.

ñ Pragstuk.

Maar hoeveel werd?

Ons verskil so baie; ons kleur, ons kultuur, ons gewoontes. Ons geloof.

En tog. Vir een IEMAND. Net vir een.

Is ons volmaak.

a7a0086291add50ac0da2d6891e8c71c

 

 

ñ Pyn iewers…

(fotos:Google Images)girly-fashion-pink-rhinestone-pumps-high-heels-facebook-timeline-cover-banner-for-fb

My oggend het rustig begin. Ek het die kilometer af strand toe lag-lag afgelê, en vir ñ uurtjie lank die mensdom gaan dophou.

ñ Groep Chinese toeriste al om my, se manewales in die vlak water het my laat proes van die lag. Met dié dat hulle normaalweg baie hard praat, het die eiland mense behoorlik weggekoes as een sy mond oopmaak.

Bali mense verhoog selde hul stemtoon, so die smouse het hul afstand gehou. En kon ek rustig die tydjie geniet. As ñ Chinees.

Die pyntjie… Ek het vandag ‘honderde’ kilometers afgelê, te voet. Of te plakkie. En nou is daar ñ been spasma.

Ja, ja, hier is oral masseer salonne om my. Ja, ek hou nie daarvan as vreemdes aan my vat nie. Ja, ek weet dit is pateties. Ja, ek bly vanaand uit die strate. Nee, ek sal dit nie môre weer so oordoen nie.

maxresdefault-3

En ja, ek sal dit vanaand afslaap. Die lysie is lank, die tyd stap aan, en nog so baie om te sien en doen…

indonesia-bali

 

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg