(fotos:Google Images)
Net een ding. Wat sal dit wees?
Wat sal my lewe 100% kan beinvloed?
Na ñ heerlike kuier saam met my jonger skoonsus vanmiddag; nadat ons baie vêr draaie gaan loop het, wonder ek vanaand hieroor.
Ek eindig by gereedskap. Dit wat nodig is om ñ taak af te handel. Hetsy dit nou die lewenstaak van ñ ouer is om sy kinders groot te maak. Of van ñ jongeling om sy loopbaan keuses te maak. ñ Lewensmaat te soek.

Met die regte gereedskap in my hand, kan wonderwerke verrig word. Dit wat gedoen moet word, sal kan gebeur.

Die ideale prentjie kan geskep word. Al vat dit jare. Met die regte gereedskap in my hande, sal ek dit kan doen.

Waar kry ek dit?
Ek kan dit nie koop nie.
Ek word nie daarmee gebore nie. En as ek eiewys is; sommer voor die tyd opgee omdat ek nie kan glo nie, gaan tyd my dit ook nie leer nie.
As ek een ding mag vra.
Is dit wysheid. Wysheid uit Vader se hand uit. Uit Sy hart uit.
ñ Langer lewe, sonder wysheid, wil ek nie hê nie. ñ Gesonder liggaam, sonder wysheid, sal my nêrens bring nie.
Dit kos my niks. En die beste van alles is, Hy wil dit vir my gee.
Ek moet net vra.








































Goed. So wat is my punt hier.



Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.