(fotos:Google Images)
Hy het stil-stil inbeweeg en gewag. Tot sy opdaag.
Alleen, voor die rekenaar skerm, het Hy die kors aangeraak en die hart laat breek. Maar dit was goed, want Hy was by.
Teen die tyd dat ek op my stoepie aangekom het, kon ek die nuwe lig in haar oë sien. Die insig op haar tong hoor. En kon ek net verstom bly staan.
Nooit sal ek genoeg hiervan kan sien nie. Al is die huil hóé groot, al is die skerwe hóé baie.
As Hy beweeg, bewe lig en duisternis. As Hy fluister, ‘skuif’ ñ liggaam reg.

En jy as bystander, staan verslae voor Sy heling.








































Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.